Skildklier

1. Die skildklier;
2. Die byskildklier.

Die skildklier is 'n orgaan in die nek en vou om die lugpyp. Hierdie klier het te make met die regulering van metabolisme deur middel van verskeie hormone wat deur die klier afgeskei word. Die skildklier is nie die adamsappel nie, die adamsappel is die tiroïedkraakbeen.

'n Jodium tekort lei tot die vergroting van die skildklier, 'n toestand wat as kropsiekte (Eng. Goitre) bekend staan.

Die skildklier (glandula thyreoidea) of tiroïed is die grootste endokriene (hormoonproduserende) orgaan van die liggaam. Dit is in die nek geleë, voor die strottehoof (larinks) en die lugpyp. Die belangrikste werking van die skildklierhormoon is die stimulering van die metabolisme. Vir die normale groei van die skildklier, sowel as vir die vorming van die skildklierhormoon, is jodium onmisbaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search